Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit "Klipwerk" deur N.P. van WYK LOUW
Uit "Klipwerk" deur N.P. van WYK LOUW [boodskap #30493] Do, 11 Mei 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Uit: KLIPWERK
N.P. van Wyk Louw

Hoe rits die kooi vannag
o hoe rits die kooi vannag
daar's dikvoet en pontak vanaand
in die oubaas se laaste vrag
die hanslam lek my hand
o die hanslam lek my hand
met watter genade hét jy dan
op Gunsfontein beland
die bloulig op die draai
o die bloulig op die draai
hoe het jy van die skraalbeen-meid
dan so danig reg geraai
die spekbos in die blom
o die spekbos in die blom
op wie se gedagte hét jy dan
na Dwars-in-die-weg gekom

(Nuwe Verse 1954)
Vorige onderwerp: "Homo Banalitus" deur LOUIS ESTERHUIZEN
Volgende onderwerp: "Indwe" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 20:43:28 MGT 2024